Die beste braaie in die geweste!

Tuis > Braai Winkel

Kamp Braai 2024

R 14440 Koop Nou!

Ons stel voor ons 2024 model, Kamp Vlekvry. Gemaak van hoë kwaliteit Vlekvrye staal. Reg vir enige iets! Hout, steenkool of brikette kan gebruik word met smaak. Die 'Diep Lug' optimale lug vloei sisteem verseker jou van ’n vuur warm lekker braai keer op keer. Die 'Veerlig' rooster lig sisteem stel jou in staat om jou vleisie op die 'drie sekonde sjoe punt' te braai ten alle tye of om jou skaap ribbetjie hoog bo die kole teen 'n gemaklike pas te braai. Die toeslaan deksel, wat saam lig en sak, het 'n termometer ook. Skielik is roosterkoek maklik, of pizza op die braai 'n opsie, nie te praat van heel hoender en skaapboud met die been.


Kamp Braai 2023

R 9999 Koop Nou!

Ons 2023 model, envoudig genoem Kamp Alu. Gemaak van hoë kwaliteit staal en aluminium. Reg vir gebruik met hout, steenkool of brikette. Die 'Diep Lug' optimale lug vloei sisteem verseker jou van ’n lekker braai keer op keer. Dit is so effektief dat die hitte jou soms verras, maar daarvoor help die 'Veerlig' rooster lig sisteem wat die rooster tot 25cm bo die kole kan lig. Die toeslaan deksel, wat saam lig en sak, met termometer laat jou toe om jou roosterkoek of pizza perfek te maak, hoender en skaapboud is natuurlik ook nie te versmaai. Vertel my meer



1026 Rondavel ave., Allens Nek, 1709, Gauteng, South Africa
© 2023 Braaiosourus