Wat jy saai sal jy maai, maar wat jy braai eet jy. Hoe dan nou anders. Die Drakensberge is vol van ongelooflike stap roetes, vars lug en natuurskoon. Aktiwiteite is volop, lekker eet plekke, koffie plekke, sjokolade plekke, wyn proe, golf speel, tennis en dan kan jy nog jou kultuur uitstappie na die Drakensberg Seuns skool ook doen.
Onthou jy toe jy 'n kind was, en die dae was lank. Hier teen middag ete is 'n ewigheid al verby. Dis hoe dit is as mens in die Drakensberg gaan kamp. Die dag begin vroeg as die son op kom. Meestal rustig, tensy jy 'n paar afstammelinge het wat nog moet groei. Die is geneig om jou deel te maak van hulle pap eet roetine, maar nog nie bevoeg genoeg om vir jou koffie aan te dra nie. Die Hadida Ibisse, doen hulle deel soos nodig en dan is daar 'n voel wat klink soos 'n 1990 modem wat jou neef 'gemodify' het. Hy werk nou nie meer nie maar hy klink cool volgens hom. Jy kry die idee, vroeg op sal jy wees. Die lewe is 'n lied, laat die manne by die seunskool maar sing.
Koffie en beskuit in, vat 'n stap. Die natuur is so mooi, jy raak nederig en stil. Terug by die kamp, vat mens die tennis rakette en jy maak die muskiete bang, die vlieë knip nie 'n oog nie. Dis half twaalf as jy klaar is, 'n ewigheid is verby. Steek 'n vuurtjie aan vir braai broodjies. Vanaand se vleis ontdooi in 'n laai in die Boswa. Na middag ete, vat mens 'n vinnige middag slapie voordat jy die laaste twee uurtjies doenig raak met wat ookal jy voor lus is. Dan die lekkerste aktiwiteit vir die dag. Aandete braai. Wat kan 'n man nou maak... 🥩🔥 #Drankensberg #KampEnBraai #BraaiBraaiBraai #NouBraai